Bystandsorg (Bonheur)

Oorsig

Bonheur , die luukse bystandwoonstelle, is ‘n ware juweel in die la Clémence-kroon! “BONHEUR”…die Franse woord vir geluksaligheid, beskryf die visie t.o.v. ons inwoners. Hier word daarna gestreef om op daaglikse basis uit te reik, te poog om in die daaglikse behoeftes van elke inwoner te voorsien. Die mikpunt is totale gemoedsrus.

BONHEUR beskik bystandwoonstelle wat studio's en eenslaapkamerwoonstelle insluit. Elke woonstel beleef die prag van die binnelandskapering, terwyl daar op elke hoek vir snoesige buite-binnekuierareas voorsiening gemaak is.

Bonheur is kundig ontwerp ten einde totale gemoedsrus en volkome gemak aan elke inwoner te verseker:

  • Ondervloerse verhitting tydens die Kaapse winterkoue
  • Natuurlike son vloei deur die dakligopeninge
  • Voldoende ingeboude kaste, asook ‘n bedkopstuk
  • Noodroepstelsels
  • Platskerm-televisie
  • Veiligheidsvashourelings
  • Mini-kombuisie, insluitende ‘n mikrogolf en mini-yskassie
  • Rolstoelvriendelike stort met sitbankie en verstelbare stortkop
  • Verhitte handdoekrelings

Selfs van groter belang – Bonheur bied die volgende dienslewering:

  • 24-uur nooddiens
  • Kliniekdienste
  • Sekuriteit
  • Wasgoed- en skoonmaakdienste
  • Drie kwaliteitetes per dag (insluitende tee en koffie)

Bonheur onderneem om daagliks daarna te streef om met liefde en sorg die unieke behoeftes van elke inwoner aan te spreek.

BONHEUR - BYSTANDWOONSTELLE TE KOOP!

VERNA KEMPEN - 084 900 1778 | verna@laclemence.co.za

Algemene Vrae

V: Spesifiseer gratis verpleeg- en ander dienste

A: Maandelikse kliniekdienste wat die volgende insluit:

  • Monitor bloeddruk met voorligting
  • Monitor bloedglukose met voorligting
  • Monitor gewig en aanbied van advies oor dieët
  • Bestuur en behandeling van wonde
  • Verwydering van steke/wond versorging en/of verbande op ‘n nie-gereelde basis
  • Mediese verwysings
  • Toediening van inspuitings op ‘n nie-gereelde basis
  • Administrasie van medikasie
  • Ontvangs is beman van 08:00 tot 16:30 Maandag tot Vrydag
  • Verpleegpersoneel moet deur die dag rondbeweeg tussen die woonstelle ten einde na die algemene welstand van die inwoners om te sien

V: Is 'n opgeleide mediese personeellid 24-uur beskikbaar? Op watter wyse word daar kontak gemaak? Is daar ten alle tye 'n hulpversorger om met noodsaaklike kleiner takies te help?

A: Ja, natuurlik! Deur die aktivering van 'n noodroep langs die bed of in die stort is 24-uur bystand voortdurend beskikbaar.

V: Is 'n TELKOM - aansluiting moontlik en is dit werklik nodig?

A: Die nuwe veselnetwerk wat onlangs deur die hele oord geïnstalleer is, maak verskeie nuwe tegnologie-opsies moontlik. Die interne kommunikasiestelsel (PABX) maak steeds voorsiening vir gratis interne oproepe na ander inwoners, ingangsbeheer,versorgingseenheid, ens. Eksterne oproepe (plaaslik, nasionaal, internasionaal en faksfasiliteite) is ook beskikbaar.

V: Is daar toegang t.o.v. biblioteekdienste?

A: Die Stellenbosch Biblioteekdienste bied elke tweede Donderdagoggend hul kundig en uitgebreide dienste aan ons inwoners.

V: Is alle la Clémence-fasiliteite en -sosiale aktiwiteite tot beskikking van die Bonheur-inwoners?

A: Bonheur-inwoners word hartlik verwelkom en vorm verseker deel van die breër la Clémence-gemeenskap! Natuurlik is ons inwoners ook aan die algemene riglyne onderworpe. Die Bonheur-inwoner sal (op stuk van sake) ontdek dat 'n sosiale wêreld op hul wag aangesien dubbele uitnodigings aan hul gebied word: vanuit die la Clémence- sowel as die Bonheur-geledere!

BYSTANDSORG (BONHEUR) KONTAKBESONDERHEDE

Tel: 021 888 9494 | Cell: 084 900 1778

AF