Oorsig

ENKEL – EN DUBBELKAMER OPSIES IS BESKIKBAAR

BESTUUR

la Clémence word deur ’n ervare en professionele span bestuur. Die Uitvoerende komitee bestaan uit verkose lede wat almal inwoners of huiseienaars van la Clémence is en die dag-tot-dag bestuur word deur toegewyde personeel behartig.

Elkeen van die Uitvoerende komiteelede is verantwoordelik vir ‘n portefeuljé wat met hul individuele kundigheid en belangstelling ooreenstem.

VERKOPE

Asemrowende Uitsigte

Omvou tussen die mees asemrowende uitsigte en midde-in die Kaapse wynlande, is la Clémence slegs minute vanaf die historiese Stellenbosch-middedorp geleë. Inwoners kan hier ontspan met die gerusstelling van totale sekuriteit, gerief en ondersteuning, wanneer jy dit benodig.

Pragtige Wonings Fasiliteite

Pragtige wonings is kundig ontwerp om stylvolle afwerkings in te sluit. Inwoners kan óf binne die privaatheid wat hul gelandskapeerde tuine bied, ontspan óf die samesyn en buurmanskap van mede-eienaars by die klubhuis geniet. ‘n Gesellige koffiewinkel, gereelde sosiale funksies en ‘n goed toegeruste biblioteek, is enkele van die fasiliteite wat aan inwoners beskikbaar is. la Clémence bied ‘n leefstyl aan inwoners om hul ten volle in hul aftrede te verlustig.

Ideale Aftrede

Gemoedsrus, sekuriteit en gerief, tesame met goeie ondersteunende sorg, is enkele van die besondere la Clèmence-karaktereienskappe.

Vryheid

Aftrede beloof aan die meeste afgetredenes die vryheid en genot van reisbeplannings, nuwe sportuitdagings, vars vriendskapsbande of die luukse om net te ontspan - met tyd aan jou kant! By la Clèmence kan elke inwoner hom verlustig in die welverdiende behoefte om op die ingewing van die oomblik toe te sluit en te reis – hul andersins daaglikse verpligtinge word in die bekwame hande van die oordbestuur gelaat.

Inkopiefasiliteite

la Clèmence is geleë binne minute vanaf moderne winkelsentrums, wêreldklas-gholfbane, die historiese middedorp van Stellenbosch en word omring deur die asemrowende natuur. Selfs die internasionale Kaapstadse lughawe is maklik vanaf die nabygeleë N2-nasionale pad bereikbaar en jy is naby aan die see!

KONTAK
AF