Leefstyl

Die fisiese veiligheid van ons inwoners is van die grootste belang. la Clémence word omhein deur ’n geëlektrifiseerde grensmuur met kameras wat vanaf ’n enkele ingangshek gemoniteer word. ’n Sperboom- en draaihek-stelsel beheer die ingang na die landgoed. Enige besoekers of kontrakteurs moet aangekondig en ingeteken word voordat hulle la la Clémence kan binnegaan. ’n Span sekuriteitspersoneel is 24 uur per dag aan diens binne die oord en word deur ’n gewapende reaksiediens bygestaan.

la Clémence maak voorsiening vir ’n lewenstyl wat gerief, privaatheid en gemoedsrus kombineer. Uitstekende sekuriteit, gesondheidsorg van gehalte en ’n ondersteunende, sosiale gemeenskap is van die eienskappe wat la Clémence kenmerk.

ONTSPANNING
Die stylvolle, klubhuis lê aan die hart van die gemeenskap by la Clémence. Dit huisves ’n administratiewe kantoor, ‘n goed toegeruste koffiewinkel, eetkamer sitkamer, biblioteek, en funksielokaal met binne- en buite braaigeriewe.

Immergewilde sosiale aande word by die klubhuis aangebied: inwoners kan na ’n gasspreker of musiekuitvoering luister, waarna wyn en versnaperings bedien word. Hierdie gereëlde sosiale gebeurtenisse is die ideale bymekaarkomgeleentheid vir ’n gemeenskap van mense wat soortgelyke ouderdomme, lewenstyle, sosiale of kulturele belangstellings deel.

Twee keer per maand word boeke van die Stellenbosse biblioteek by la Clémence. se biblioteek in die klubhuis afgelewer om die groter wordende versameling aan te vul.

Vir inwoners wat meer energieke aktiwiteite verkies, is die klubhuis ook die plek waar weeklikse oefensessies vir dames aangebied word. Die swembad is langs die klubhuis geleë en ‘n gimnasium is elders op die perseel beskikbaar vir gratis gebruik deur inwoners.

MAALTYE
Inwoners kan die geleentheid benut om daagliks ’n vars voorbereide middagete in die eetkamer van die klubhuis te geniet. Die spysenieringsmaatskappy, in konsultasie met die spysenieringskomitee, trakteer inwoners gereeld met genotvolle gourmet-temas

Inwoners wat dit verkies om tuis te eet, kan maaltye gerieflikheidshalwe by hul huise laat aflewer. Inwoners en hul gaste is welkom om gebruik te maak van die klubhuis se swembad en braaiplek, waar spesiale funksies gereeld gehou word.

TERREIN
la Clémence is omring van pragtig ontwerpte tuine wat met gevestigde wildeolyfbome en inheemse plantegroei spog. Elke huis is voorsien van ’n klein, private tuin wat by ’n outomatiese besproeiingstelsel aangesluit is. Ywerige tuiniers kan egter die keuse uitoefen om self hul tuine te vestig en te onderhou.

LIGGING

  • la Clémence is geleë in die skilderagtige Kaapse wynlande, tussen Stellenbosch en Somerset Wes. Die asemrowende uitsigte word aangevul deur die praktiese ligging.
  • Stap afstand vanaf ‘n moderne inkopiesentrum enkele minute vanaf uitstekende privaat hospitale, golf bane, pragtige natuurskoon en die historiese en kulturele Stellenbosch middedorp. Boonop is die pragtige sandstrande van die Strand slegs ‘n paar kilometer weg.
  • Dit is ook ‘n maklike 30-min reis tot by die Kaapse Internasionale lughawe en ‘n klein entjie verder is die kosmopolitaanse Kaapse middestad.
AF