Oorsig
Gesondheidsorg en ondersteuning met omgee in a huislike omgewing. Enigiemand, ongeag of die persoon ’n inwoner van la Clémence is of nie, kan hiervan gebruik maak.
Die sentrum is ontwerp om ’n maksimum van slegs 16 inwoners op ‘n persoonsgerigte wyse te ondersteun en versorg. Ons gekwalifiseerde, ervare en toegewyde personeel bied gemoedsrus aan inwoners en hul families.
Die primêre rol van die versorgingseenheid is om die nodige versorging en ondersteuning te bied aan individue met fisiese, emosionele en sosiale behoeftes waarin daar nie in hul eie huis voorsien kan word nie. Ongelukkig is die versorgingseenheid nie ingerig om mense wat leef met demensie te huisves nie.
Dienste
Moet asb. nie huiwer om die versorgingseenheid vir verdere besonderhede te kontak of om ’n persoonlike besoek te reël nie.
VERSORGINGSEENHEID KONTAKBESONDERHEDE
Ontvangs: 021 888 9430 | versorging@laclemence.co.za
Beskikbare Kamers: Sarene
072 200 5544 | sarene@laclemence.co.za