logo_1
PROFIEL     AFTREE-OORD INLIGTING     KONTRAKTUEEL     BEHUISINGSINLIGTING
BEMARKING     FOTOBEELD     KONTAKBESONDERHEDE
sales
Afr | Eng

Omvou tussen die mees asemrowende uitsigte en midde-in die Kaapse wynlande, is la Clèmence slegs minute vanaf die historiese Stellenbosch-middedorp geleë. Inwoners kan hier ontspan binne die gerusstelling van totale sekuriteit; ‘n moderne gesondheidsorgsentrum; die hoogtepunt van gerief… ’n Leefstyl wat onafhanklikheid en vryheid bied!

Pragtige wonings is kundig ontwerp om stylvolle afwerkings in te sluit. Inwoners kan óf  binne die privaatheid wat hul gelandskapeerde tuine bied, ontspan  óf die samesyn en buurmanskap van mede-eienaars langs die ruim en rustige Blaauwkliprivier-grense geniet. La Clémence bied ‘n leefstyl aan inwoners om hul ten volle in hul aftrede te verlustig.

La Clémence verseker inwoners van die voldoening aan ‘n ideale aftrede, nl. gerief en versorging. Sekuriteit, gesondheidsorg en ‘n ondersteunende gemeenskap is slegs enkele van die besondere la Clèmence-karaktereienskappe.

Aftrede beloof aan die meeste afgetredenes die vryheid en genot van reisbeplannings, nuwe sportuitdagings, vars vriendskapsbande of die luukse om net te ontspan - met tyd aan jou kant! By la Clèmence kan elke inwoner hom verlustig in die welverdiende behoefte om op die ingewing van die oomblik toe te sluit en te reis – hul andersins daaglikse verpligtinge word in die bekwame hande van die oordbestuur gelaat.

La Clèmence is geleë binne minute vanaf moderne winkelsentrums, wêreldklas-gholfbane,die historiese middedorp van Stellenbosch en word omring deur die asemrowende natuur. Selfs die internasionale Kaapstadse lughawe is maklik vanaf die nabygeleë N2-nasionale pad bereikbaar.

 
profiel   aftree-oord inligting   kontraktueel   behuisingsinligting   bemarking   fotobeeld   kontakbesonderhede ontwerp • www.gstudio.co.za