logo_1
PROFIEL     AFTREE-OORD INLIGTING     KONTRAKTUEEL     BEHUISINGSINLIGTING
BEMARKING     FOTOBEELD     KONTAKBESONDERHEDE
sales
Afr | Eng

Die Liberté Trust is in 2000 as ‘n eiendomsontwikkeling en -beleggingsinstrument opgerig. Aan die stuur is Inus Kempen, ‘n Universiteit van Stellenbosch-gegradueerde, wat in 1980 die B.Ing. (Hons)-graad in Projekbestuur verwerf het.

Gedurende sy daaropvolgende loopbaan het Inus hom geslyp met omvattende vaardighede en ondervinding in alle fasette van eiendomsontwikkeling.

Hy word deur twee dinamiese projekbestuurders bygestaan: Howick Oosthuizen, ‘n Boubestuurs-graduand en Garth Pool met ‘n B.Tech-graad in Stedelike Ingenieurswese.

Die Libertè Trust spog met ‘n reputasie van bewese sukses. Sy naamgenoot – Libertè – ‘n woonstelprojek in Stellenbosch, het na voltooiing in 2000 ‘n fenominale groeikurwe van gemiddeld 50% per jaar gehandhaaf.

Twee ander eksklusiewe ontwikkelings in Somerset-Wes het hierdie suksespatroon gevolg. Vergezicht Estate met 20 luukse wonings en Olijvenhof met 50 wonings is uiters gewild en het herverkope van tot R4,5 miljoen behaal.

Voorts besit die Libertè Trust ook diverse belange in die kommersiële eiendomsmark waarvan  mede-eienaarskap van die Habitat-inkopiesentrum by die Somerset Mall, in Somerset-Wes, getuig.

 

blanc
 
profile   estate info   contractual   house info   lifestyle   gallery   contact design • www.gstudio.co.za