OORSIG    DIENSTE    DIE SPAN    KONTAK ONS
 
Afr | Eng

Boetiekstyl gesondheidsorg
Ons gesondheidsorgsentrum, wat in die rustige omgewing van la Clémence-aftreedorpie geleë is, is lig en lugtig. Enigiemand bo 50 jaar, ongeag of die persoon ’n inwoner van la Clémence is of nie, kan daarvan gebruik maak.

Die sentrum is ontwerp om ’n maksimum van slegs 18 kliënte in streng privaatheid en met sorgsame, persoonlike diens te versorg. Daar is 12 beddens beskikbaar vir verswaktesorg en ses vir subakute (afgeskaalde) versorging. Die lugversorgde sentrum is volgens internasionale standaarde vir moderne gemak toegerus. Elke bed beskik oor sy eie televisie wat ’n keuse van 10 vermaaklikheidskanale bied.

Ons hoogs gekwalifiseerde, ervare en toegewyde personeel bied gemoedsrus aan kliënte, hul gesinne en hul vriende. Die gesondheidsorgsentrum is die perfekte toevlugsoord waar ’n mens kan aansterk of, wanneer die tyd aanbreek, met waardigheid en respek kan sterf.

Ons is gerieflik geleë vir besoekers, aangesien ons slegs minute weg is van moderne inkopiefasiliteite en topklashotelle. Kaapstad Internasionale Lughawe is maklik bereikbaar via die nabygeleë N2-snelweg.

Moet asb. nie huiwer om die kantoor vir verdere besonderhede te kontak of om ’n persoonlike besoek te reël nie.

blanc
oorsig   dienste   die span   kontak ons ontwerp • www.gstudio.co.za