OORSIG    DIENSTE    DIE SPAN    KONTAK ONS
 
Afr | Eng

Die Span
La Clémence het ’n vennootskap met Trans 50 aangegaan om ons kliënte van die beste gehalte versorging te verseker. Trans 50 is ’n onafhanklike maatskappy in Johannesburg wat oor omvattende ondervinding van die besit en bestuur van residensiële dorpies vir die bo-50jariges beskik. As deel van hul portefeulje bestuur Trans 50 ses gesondheidsorgsentrums regoor die land.

Die verpleegpersoneel van die eenheid vir verswakte- en subakute versorging is hoogs opgeleide, ervare en toegewyde professionele mense. Hulle beskik oor gespesialiseerde kennis rakende die versorging van bejaardes, palliatiewe versorging (pynbeheer ingesluit) en subakute rehabilitasie (tydelike hospitalisasie en versorging na operasies).

blanc
oorsig   dienste   die span   kontak ons ontwerp • www.gstudio.co.za