logo_1
PROFIEL    UITLEG & PRYSE    KOOPKONTRAK    ALGEMENE VRAAGSTELLINGS
FOTOBEELD   KONTAKBESONDERHEDE

Algemene Vraagstellings

V: Spesifiseer gratis verpleeg- en ander dienste
A: Kliniekdienste wat die volgende insluit:

  • Monitor bloeddruk met voorligting
  • Monitor bloedglukose met voorligting
  • Monitor gewig en aanbied van advies oor dieët
  • Bestuur en behandeling van wonde
  • Verwydering van steke/wond aftap/verbande
  • Mediese verwysings
  • Toediening van inspuitings
  • Toediening van pille en medisyne
  • Bemanning van die diensstasie tussen 08:00 en 17:00 Maandag tot Vrydag
  • Verpleegpersoneel moet deur die dag rondbeweeg tussen die woonstelle ten einde na die algemene welstand van die inwoners om te sien

V: Is 'n opgeleide mediese personeellid 24-uur beskikbaar? Op watter wyse word daar kontak gemaak? Is daar ten alle tye 'n hulpversorger om met noodsaaklike kleiner takies te help?
A: Ja, natuurlik! Deur die aktivering van 'n noodroep langs die bed of in die stort is 24-uur bystand voortdurend beskikbaar. Selfs al sou die inwoner bystand benodig met die vervanging van 'n elektriese liggie - enige taak kan in die hande van die personeel gelaat word!

V: Is 'n TELKOM - aansluiting moontlik en is dit werklik nodig?
A: Die interne kommunikasiestelsel (PABX) maak voorsiening vir gratis interne oproepe na ander inwoners, ingangsbeheer, siekeboeg, ens. Vir eksterne oproepe (plaaslik, nasionaal, internasionaal en faksfasiliteite), maak die stelsel voorsiening vir 30 poorte (lyne) vir inkomende / uitgaande oproepe en 1000 DDI's (direct dialing inwards) - m.a.w. 1000 unieke telefoonnommers wat soos 'n konvensionele Telkomnommer in die normale gids gelys kan word. Hierdie fasiliteit se maandelikse huur is aansienlik goedkoper as die normale Telkomtarief.

V: Is daar toegang t.o.v. biblioteekdienste?
A: Die Stellenbosch Biblioteekdienste bied elke tweede Donderdagoggend hul kundig en uitgebreide dienste aan ons inwoners.

V: Is alle la Clémence-fasiliteite en -sosiale aktiwiteite tot beskikking van die Bonheur-inwoners?
A: Bonheur-inwoners word hartlik verwelkom en vorm verseker deel van die brëer la Clémence-gemeenskap! Natuurlik is ons inwoners ook aan die algemene riglyne onderworpe. Die Bonheur-inwoner sal (op stuk van sake) ontdek dat 'n sosiale wêreld op hul wag aangesien dubbele uitnodigings aan hul gebied word: vanuit die la Clémence- sowel as die Bonheur-geledere!

blanc
 
profiel   uitleg & pryse   koopkontrak   algemene vraagstellings   fotobeeld   kontakbesonderhede design • www.gstudio.co.za