logo_1
TUIS   KENMERKE & FASILITEITE   LIGGING   FOTOBEELD   NUUS   BESTUUR  
KONTAK ONS
home_o
Afr | Eng

Die stylvolle, moderne klubgebou lê aan die hart van die gemeenskap by la Clémence. Dié miernes van bedrywighede met sy majestueuse noordelike uitsig vanaf die terras, huisves ’n administratiewe kantoor, sitkamer, televisiekamer, biblioteek, eetkamer en intieme funksielokaal.

Immergewilde sosiale aande word by die klubgebou van la Clémence aangebied: inwoners kan na ’n gasspreker of musiekuitvoering luister, waarna wyn en versnaperings bedien word. Hierdie maandelikse sosiale gebeurtenisse is die ideale bymekaarkomgeleentheid vir ’n gemeenskap van mense wat soortgelyke ouderdomme, lewenstyle, sosiale of ekonomiese belangstellings deel.

Twee keer per maand word boeke van die Stellenbosse biblioteek by la Clémence se biblioteek in die klubgebou afgelewer om die groter wordende versameling aan te vul.

Vir inwoners wat meer energieke aktiwiteite verkies, is die klubgebou ook die plek waar weeklikse oefensessies vir dames aangebied word. Die swembad is langs die klubgebou geleë.

Elke huis beskik oor sy eie posbus by die klubgebou.

Health_Care
Sales
tuis   kenmerke & fasiliteite   ligging   fotobeeld   nuus   bestuur  kontak ons ontwerp • www.gstudio.co.za