logo_1
TUIS   KENMERKE & FASILITEITE   LIGGING   FOTOBEELD   NUUS   BESTUUR  
KONTAK ONS
home_o
Afr | Eng

La Clémence-inwoners kan gerus wees dat ondersteunende gesondheidsorg byderhand is, ongeag die omstandighede of tyd. Die ten volle toegeruste gesondheidsorgsentrum het sy deure in Januarie 2010 oopgemaak en huisves ’n eenheid met 18 beddens vir verswakte- en subakute (afgeskaalde) versorging, sowel as eenhede vir mense wat lewensbystand benodig.

Die gesondheidsorgsentrum is in ’n goeie posisie om in ons inwoners se primêre en nood- mediese behoeftes te voorsien. Primêre gesondheidsorgdienste sluit ’n daaglikse kliniek in, sowel as huisbesoeke aan diegene wat nie in staat is om die kliniek te besoek nie, monitering van bloeddruk, aandag aan geringe mediese kwessies en verwysings na inwoners se persoonlike dokters, indien nodig.

Kliek asseblief op die betrokke beskrywing vir verdere inligting oor ons verswakte- en subakute (afgeskaalde) versorging en lewensbystandsfasiliteite.

Health_Care
Sales
blanc
tuis   kenmerke & fasiliteite   ligging   fotobeeld   nuus   bestuur   kontak ons ontwerp • www.gstudio.co.za